Description
Ons was al deur baie Gelowiges genader gewees en gevra of ons dalk 'n Salf Olie het, waarmee hulle vir mense kan bid en salf.
In Exo 30:22-33 lees ons van die Heilige Salf olie wat die Priesters moes maak, maar in vers 32 sien ons dat ons nie so mengsel mag maak en dat dit op iemand mag kom nie!
Ons by Konings-Olie respekteer Vader se Woord en sal nie so ’n mengsel maak soos in Exo 30:22-33 en het ’n mengsel saamgestel wat verwys na ons Koning! Want ons Koning het vir ons Genesing gebring!
In Jes 53:5 lees ons "deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom" Yahshua (Jesus) was gesalf net voor Sy dood met die kosbare Nardus olie. Ons het gedink om Nardus vir daardie rede by die salf olie te meng omdat dit die salf was waarmee ons Koning gesalf was...
Wierook en Mirre was vir Hom gegee met Sy geboorte... Wierook en Mirre word verkry deur die Wierook en Mirre boom te sny dat daar sap uitkom, dws die boom bloei...
Daars baie Gesondheids Voordele in Wierook en Mirre en dus deur die twee bome se bloed kry ons genesing. Deur Yahshua se bloed kry ons genesing en daarom het ons gedink om Wierook en Mirre saam met Nardus en Olyf olie te meng as 'n Salf Olie vir ons gelowiges om siekes te salf en kinders in te seën...
Babas was met geboorte met Mirre gesalf gewees om hulle naeltjie. Die mense het geglo dat dit hul sal afsny van bloedlyn vloeke van die voorvaders.
Die samestelling se druppels wat ons gebruik se no waarde verwys ook na Yahshua (Jesus) en sodoende voel ons dat ons eerder dan so ’n Salf Olie mengsel vir ons kliente aan te bied wat verwys na ons Koning ipv om die Salf Olie van Exo 30:22-33 te maak wat verbode is.






Reviews
There are no reviews yet.