ONTSTAAN VAN KONINGS-OLIE
My naam is Karel Gericke, stigter van Konings-Olie. Ek wil u graag vertel hoe Konings-Olie ontstaan het…
Ek is baie lief vir Vader se Woord en bestudeer en bepeins dit elke dag. Ek deel ook graag die Waarheid van Vader se Woord aan Sy volk. Alles het begin toe ek ’n studie stuk saamgestel het oor die Fees van Ester naamlik: die Purim Fees en hoe Ester haar gereinig het vir koning Ahasvéros…
Ester was behandel gewees met Mirre en Balsem, en omdat ek indiepte studies doen, het ek gaan kyk hoekom Mirre en Balsem gebruik was en hul Gesondheids Voordele.
Nou wil ek u ook die gesondheids voordele wys van die reinigings proses wat Ester moes deur gegaan het…
As ons kyk na die gesondheids voordele van Mirre, sien ons dat dit bakteria dood maak. En dis hoekom antike Egiptenare en Hebreërs die dooies met mirre behandel het omdat dit bakteria dood maak om sodoende die proses van ontbinding te vertraag.
Wierook en mirre wat saam gebrand word suiwer die lug en voorkom die verspreiding van aansteeklike siektes en vernietig tot 68% lugbakterie.
Geen wonder wierook en mirre was altyd gebrand gewees in die Tempel…
’n Proefbuis studie het bewys dat net 0.1% van mirre die “dormant Lyme disease bacteria” dood maak, waar antibiotiese behandeling nie so suksesvol is en voortgaan om siektes te veroorsaak…
Dan is daar nog baie ander gesondheids voordele van Mirre ek kan ongelukkig nie alles hier noem nie, ek gaan net hoof voordele hier noem.
-Mirre kan help met mondgesondheid deurdat dit bakteria kan dood maak
-Mirre kan help met velgesondheid om wonde te genees
-Mirre kan pyn en swelling bekamp.
-Mirre kan 'n kragtige antioksidant wees.
-Mirre kan sekere parasiete dood maak.
-Mirre was gebruik as ’n sonskerm.
-Kanker voodele - mirreolie kan help om die groei van kankerselle uit die lewer, prostaat, bors en vel te vernietig of die proses te vertraag.
-Gesondheid van die Ingewande - Mirre kan jou kolon en dermkanaal skoon maak en kan maagsere behandel.
Dis fantastiese voordele van Mirre en dis waar my pad begin het met die bybelse olies… Omdat ek lief is vir Vader se Woord en Sy bevele aangryp glo ek ook dat ek nie my baard mag skend deur dit af te sny nie soos in Lev 19:27 sien.
(Lev 19:27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.)
Sodoende het ek gedink om ’n Baard-Olie te maak met bybelse olies in. My bybelse Baard-Olies het meer sentimentele waarde vir my as wat ek gepla is oor die reuk van die olie, laat ek gou my stelling verduidelik…
Ek het begin met die blou botteltjie Baard-Olie en het Nardus en Hisop gemeng met Hemp en Rosehip olie… Nou die Hemp en veral Rosehip olie is nou nie ’n olie wat ’n neutrale reuk het nie… Elkeen het maar sy eie kenmerkende reuk om gewoond aan te raak maar het goeie voordele vir die vel en hare en dis hoekom ek besluit het om die twee olies as ’n draer olie te gebruik vir die Baard-Olie…
Hoekom het ek Nardus en Hisop saam gemeng?… Soos ek gesê het vir sentimentele waarde… Ek het gedink aan Yahshua of soos baie mense Hom ken Jesus se laaste dae voor Sy dood…
Ek gaan baie verwys na die Hebreuse name omdat ek ’n passie het vir die Hebreuse taal en dat daar wonderlike openbarings is wat ons uit die Hebreuse taal kry…
So het ek aan Yahshua se laaste dae gedink voor sy dood en Nardus en Hisop saam gemeng in die Baard-Olie omdat ek gesê het, ek wil daai reuk van die Nardus olie ruik, waarmee
Maria Yahshua gesalf het, waar die reuk van Nardus die huis vervul het…
Nardus was daaityd al as kosbaar beskou, en dit was so duur hul beweer dit was ’n jaar se salaris van Maria en dis hoekom Judas die olie wou verkoop het en die geld aan die armes wou gee…
(Mar 14:3 En toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar ‘n vrou met ‘n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit.
Joh 12:3 En Maria het ‘n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Yahshua gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
Joh 12:4 Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
Joh 12:5 Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?)
Steeds vandag word Nardus as kosbaar beskou en mens kan R34 000 tot R45 000 rand betaal vir ’n liter!!! En dis ook die rede hoekom dit blyk dat ons olies so duur is, en dis agv van die duursame olies wat daarin is… En as iets duur is moet mens gewoonlik die vraag afvra, waarom is dit so duur en watter voordele is daarin…
Nou die ander olie wat in die blou Baard-Olie bottel is, is Hisop. Ek het Hisop gebruik omdat dit die laaste krui was wat voor Yahshua gebring was voor Sy dood, en so laat die Baard-Olie my dink aan Yahshua en die groot prys wat Hy vir ons betaal het op Gólgota!
(Joh 19:29 En daar het ‘n kan vol asyn gestaan; en hulle het ‘n spons met asyn gevul en op ‘n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.
Joh 19:30 En toe Yahshua die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.)
Dus was die blou Baard-Olie met Nardus en Hisop saamgestel om my te laat dink aan die laaste paar ure van Yahshua se lewe voor Sy dood, en het ’n diepe sentimentele betekenis ipv om ag te slaan op die reuk van die samestelling.
Alhoewel die olie ook baie goeie voordele vir die vel en hare het, hou baie mense dalk nie van die reuk daarvan nie, dit is alles natuurlik en is geen ander kosmatiese geur middels daarby gevoeg nie. Soos ek ook gesê het die sentimentele waarde en Gesondheids Voordele van die olie is vir my meer belangrik as die reuk daarvan.
Ek self het gedink ek gaan meer in die Baard-Olies spesialiseer en het nie gedink dat die olies sulke kragtige voordele het en so vinnig werk nie, sodoende het ek die olies net op my baard gebruik…
Gedurende die tydperk het ek ’n probleem met my skouer gehad waarmee ek geloop het vanaf 2016. Ek kon nie my arm lig of agter my rug gebring het sonder om pyn te verduur nie en so het ek geloop en gesukkel met hierdie “frozen shoulder” van my en wou nie na ’n Dokter gaan want ek het gedink dat ek geopereer moet word…
Terwyl ek my Baard-Olie opgesit het in 2020 ongeveer in mei maand het ek gewonder of die Nardus en Hisop Baard-Olie met Hemp en Rosehip dalk sal werk vir my “frozen shoulder”
Ek het toe my skouer gesmeer daarmee en binne 5min kon ek my skouer hoër lig en verder agter my rug beweeg met minimale pyn. Ek was verbaas en het vermoed dat die kwaal ’n tipe van inflammasie was, en het toe ’n samestelling van olies gemeng wat inflammasie voordele bevat.
Binne ’n week se gebruik was my skouer 95% beter en ek het opgehou om die olie te gebruik vir my skouer. Ek was baie verbaas gewees oor hoe vinnig dit vir my gewerk het na jare se gesukkel met die skouer. Ek het toe verskeie vriende en familie genader wat pyn het en hulle het die olie gebruik en het ook wonderlike verligting gekry.
Van hulle het sinus probleme gehad, seer knië en moes knie vervanging gekry het, my ma het ook gesukkel met ’n frozen shoulder en het ook die olie gebruik en dit het haar ook gehelp, ’n ander dame wat vir 3 weke nie kon loop agv Osteoporose en verkalkte are kon binne ’n uur opstaan en loop, 3 dae later het sy sonder haar kierie geloop.
Die terugvoering is op my webblad onder die Ekstra tabel by "Testimonials". Dan moet ek ook net noem dat die olie nie in plek van enige medikasie kan wees nie, raadpleeg u geneesheer voordat u die olie vir u kondiesie gebruik.
Ek het toe die olie samestelling die "Wonder-Olie" genoem omdat ek gewonder het waarvoor die olie nog kan help. En so het ek meer begin fokus op die Gesondheids olies ipv die Baard-Olie omdat ek ’n passie het om mense te help en sodoende voel ek dat Vader my gebede verhoor het omdat ek altyd met die bediening wat ek het, mense gekry het wat my gevra het om vir hulle te bid weens siekte of pyn wat hulle gehad het.
En alhoewel mens vir hulle bid het nie almal beterskap verligtig of geneesing gekry nie… En as ons kyk na Mark 6:13 en Jak 5 sien ons hoe siekes met olie gesalf was…
(Mar 6:13 En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.
Jak 5:14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Meester met olie gesalf het.)
Het ek of ons dalk iets gemis as dit kom by siekes om vir mense te bid? Jakobus sê ook geloof sonder werke is dood… En dis hoe ek die gebed en olie sien. Die gebed is geloof, die werke is die gebruik van die olie… En die twee loop hand aan hand en dis hoe Konings-Olie sy ontsaan gekry het…
Ek het die besigheid se naam Konings-Olie genoem omdat al hierdie produkte uit die natuur kom, en dit kom deur ons Koning wat alles geskape het en dit vir ons gegee het. En as ons kyk na koning Salomo hoe hy van die olies praat en van hierdie kostelike speserye gehad het, is dit baie duursame olies wat somtyds net konings kon bekostig het.
Hooglied 4:13 U spruite is ‘n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus,
Hooglied 4:14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.
Prediker 7:1 ‘n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.
Hooglied 1:3 U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.
Hooglied 1:12 So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee.
Psa 45:9 Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
En so poog ons hier by Konings-Olie om hierdie duursame olies beskikbaar te stel aan ons mense teen ’n bekostigbare prys, sodat ons ook die Gesondheids Voordele van Konings kan geniet…
Shalom