Bietjie geskiedenis...
Antike bybelse olies was deur die dekades gebruik vir geneesing en reineging. Van hierdie duurste olies was gebruik deur konings soos Salomo en die priesters wat diens gedoen het in die teenwoordige van die Almagtige.
Die kosbare Nardus olie was gebruik om die Koning van al die konings te salf voor Sy groot offer wat Hy vir ons gebring het. As ons kyk na al die Gesondheids Voordele van Nardus en die ander Skriftuurlike olies kan ons verstaan hoekom die olies so duur is, en hoekom konings dit gebruik het.
Konings-Olie wil net die roem en eer gee van hierdie produkte aan ons Ere Konings YaHshua Mâshı̂yach. Hierdie natuurlike olies is afkomstig deur Sy Skepping, en voel sowaar dat dit van die Boom van die Lewe afkomstig kan wees…
Salomo sê in Hooglied 1:3 U salf is aangenaam van geur, U Naam is soos salf wat uitgegiet is…
Hierdie salf olie en die Naam van YaHshua loop hand aan hand, dis soos geloof en die werke, die Koninkryk en Sy Geregtigheid. En so sien ons in Jakobus 5:14 dat mens vir siekes moet bid nadat ons hulle in die Naam van die Meester met olie gesalf het… Dws die naam en die olie werk saam.
Die Wierook (Frankincense) en Mirre boom word fisies gesny en soos die boom bloei, en die bloed stol, word daai resin gebruik om die olies te maak van Wierook en Mirre, en hierdie twee olies het kragtige medisinale waardes! En deur die boom se wonde kry ons geneesing…
Klink dit nie bekend nie deur YaHshua die Boom van die Lewe kry ons genesing deur Sy wonde… Jes 53:5
Dus met die aansmeer met die olie het u die werke, spreek Sy Naam uit soos u die seer plekke invryf en maak dit ‘n saak van gebed, sodat geloof en die werke saam kan werk om geneesing te bewerkstellig.
En soos in Mark 6:13 was die dissipels in YaHshua se autoriteit dws in Sy Naam uitgestuur en siekes was met olie gesalf.
My gebed en raad aan u is om die olies te gebruik en dit aan te wend op mede broers en susters wat siek en beseer is, en soos u vir hulle bid, hulle ook met olie te salf.
Ons bid dat ons volk die geneesing sal verkry deur Woord en daad, en so ook in Jakobus 5 moet die siekes eers hulle sonde voor ons Vader en ander belei voordat hul met olie gesalf word, sodat ons ons self volkome kan reinig vir ons Koning
HalleluYaH